WELCOME TO KAMBRO ACCOMMODATION AND FARMSTALL

Feel free to browse and get a little taste of what we have to offer in the Upper Karoo.

Kambro Accommodation & Farm Stall

21 km north of Britstown, your rest stop on the N12, halfway between Johannesburg & Cape Town

More info about our Chalets
More info on caravan stands
More info on the Waterfall Camp
Home, Kambro Accommodation & Farmstall

Kambro Accommodation & Farm Stall is 21 km north of Britstown on the N12 and your perfect halfway rest stop between Johannesburg & Cape Town.

Stay over in our:

Come & braai (BBQ) with us & enjoy the quiet & clear night skies of the Karoo!

Driving past? In the air-conditioned Restaurant you can relax and enjoy some of our light meals. Farmstall sell jams, chutneys, canned fruits, dried fruits, quince sweets, fruit sweets, gifts, homemade ginger beer, lemon syrup, books, rusks, biscuits, spices and much much more.

Testimonials

Ek wil baie baie dankie sê vir die heerlike warm slaap en welkom laat voel by Kambro. Ons waardeer julle mooi huisie waarin ons kon oornag, die lekker plaasbrood en die hout wat jul verskaf het. Jul gasvryheid word baie waardeer. Die lekker warm beddegoed was vir my wonderlik!!! Dankie dat ons ons vakansie op ‘n hoogtepunt kon afsluit. Ons sal beslis weer ‘n oornag by julle maak.
Ilze Visser,
Ons verwagting is ver oortref in alle opsigte. Aangename en baie professionele mense in alle opsigte. Ons is baie goed ontvang en het 'n pragtige, skoon en goed toegeruste huisie gehad (Asbos). Kambro het ons die oggend al gebel om te hoor of hulle vir ons aandete moet regmaak. Ons het die lamskerrie opsie gekies en het dit baie geniet (afgelewer in ons huisie). Ons kon ons motor onderdak parkeer teenaan die huisie. Lekker stywe matrasse en genoeg nuwe beddegoed. Heerlik geslaap na die lang rit. Ons sal Kambro weer gebruik in die toekoms.
Willem,
Die doel met hierdie e-pos is om jou te bedank vir jou vriendelikheid en gasvryheid tydens my en my broer se verblyf by julle Sondagaand. Ek was aangenaam verras met die verblyf en julle winkeltjie is pragtig! Baie dankie ook vir die heerlike aandete Sondagaand en ons het die Springbokpastei langs die pad geniet en was spyt dat ons nie meer as een geneem het nie! Baie sterkte vir julle en ons sal Kambro enige tyd aanbeveel.
Marguerite van Rensburg,
Hiermee wil ons u graag komplimenteer. Ons het die aand van 22 Januarie 2018 in die Asbos huisie oorgeslaap en wil u bedank vir u vriendelike diens en netheid van die huisie. Die terrein was skoon en versorg en die geriewe binne die huisies was van top gehalte. Ons het die verblyf geniet en sal beslis weer by u aandoen.
Anneke Venter,
Baie dankie- ons het heerlik gebly in Karoo-aster afgelope Woensdag. Alles was keurig en die husie baie goed toegerus. Ons is bly ons het Kambro ontdek en sal dit graag verder deurgee aan kinders en vriende en kom bly weer met vreugde daar die volgende keer!
Daan en Ankie van Wyk, Lambertsbaai
Middag Wilma, eerstens wil ons dankie se vir die lieflike eenheid waar ons oorgebly het op 20 en 28 Desember - Keurtjie Ouma was baie beindruk met die mooi en skoon fasilitieite wat julle aangebied!
Hannes en Makkie ,
ONS GAAN VERSEKER WEER DAAR BY JULLE OM OORBLY! Want die akkommodasiene verblyf was werklik baie goed! Ons het dit terdee geniet en kon heerlik uitspan en rus! Baie dankie! Julle verdien beslis 'n 5-ster! Ek kan KAMBRO met groot verugde aanbeveel by vriende en familie! En daai broodjie ................... Heerlik!! Baie dankie!
Thinus van Vuuren,
Nogmaals baie dankie vir jul gasvryheid. Ek het die tydjie daar by julle baie geniet. Die kos was heerlik! Die rit na die Boesman tekeninge en artifakte was 'n hoogtepunt. Baie dankie daarvoor. Hoop om eendag weer daar by julle 'n draai te maak.
Carol Botha,
Ek wil net dankie sê vir die lekker verblyf ervaring verlede week daar by julle. Ons het dit dit baie geniet en sal beslis mense aanbeveel om ook daar oor te bly. Die plaasbrood is 'n bonus.
Melville Cloete, Du Barry
Thank you so much for having our crazy walkers in your lovely guesthouse. We haven’t been able to stop talking about the comfortable beds, “lekker plaasatmosfeer” and friendly welcome – also to our directors and management. Once again DANKIE vir ons ontbytkospakkies – dit was heerlik.
Suzane and the week 3 team,
Vriendelike, behulpsame diens en aangename verblyf wag op jou by Kambro. Kambro is gerieflik halfpad tussen Gauteng en Kaapstad geleë. Daar is baie gerieflike verblyfopsies vir kleiner groepe (twee mense) of 'n gesin. Baie welkom is die varsgebakte warm broodjie wat by jou verblyfplek afgelewer word teen vroegaand. Die swembad na 'n lang en warm rit deur die Karoo is ook uiters welkom.
Jan,
Scroll to Top